IEWERS IN DIE LAEVELD
Gemeenskapsnuus, gebeure, insigte en lekker dinge om te doen. Volg saam, deel saam, bou saam.
Gemeenskapsnuus, gebeure, insigte en lekker dinge om te doen. Volg saam, deel saam, bou saam.
Met 51 500 Facebook Lede — facebook.com/groups/iewersindielaeveld
IEWERS IN DIE LAEVELD is ‘n interaktiewe sosialemediagroep in die gees van gemeenskapsamehorigheid vir die groter Laeveldgebied en sy mense.
Hier kry jy ‘n wye verskeidenheid plasings deur ‘n span wat die sentimente van die Laeveld en sy mense verstaan met inhoud wat die gemeenskap na aan die hart lê.
Eenig aan die groep is die gereelde insluiting van die jongste gebeurekalender en kontakplasing van alle gemeenskaps- en kerkorganisasies.
Sien hier die jongste plaaslike nuus, skole- en ander gemeenskapsgebeure, doodberigte, die verwagte weer en ‘n openbare gesperksforum oor brandpunte wat in die Laeveld en omstreke belangrik is.
Ofskoon, IEWERS IN DIE LAEVELD nie wegskram van handelsnuus nie, kry jy hier ‘n gesonde balans van daaglikse nuus- en wetenswaardige plasings om ons mense te bind en te boei.
Iewers in die Laeveld is meer as net 'n sosialemediaplatform; dit is die digitale kuierplek van ons streek. Duisende stemme kan daagliks saampraat en streef om die ware gees van die Laeveld lewend te behou.
Ons glo daaraan om die Laeveld se unieke storie te vertel deur sy mense, sy geskiedenis en sy daaglikse gebeure. Of dit nou 'n helpende hand is vir 'n buurman, die viering van plaaslike entrepreneurs, of bloot die deel van 'n pragtige Laeveld-sonsondergang - by ons kom die gemeenskap altyd eerste.