VOLG DIE GESKIEDENIS VAN DIE ​LAEVELD EN SY OMSTREKE


VOLG DIE GESKIEDENIS VAN DIE ​LAEVELD EN SY OMSTREKE


Hierdie is saamgestel volgens ‘n historiese tydlyn oor jare saamgestel deur Marius Bakkes


Nuwe aflewering hiervan kan weekliks gevolg word op:

https://www.facebook.com/groups/2585125125134043



IEWERS IN DIE LAEVELD is ‘n aktiewe gemeenskap-inligtings Facebookgroep vir die Laeveld en ​omliggende gebiede.

Volg ons tans ‘n verkorte en vereenvoudige tydlyn van gebeure wat die geskiedenis van die streek en die ​geskiedkundige invloede op die streek, in breë trekke vertel. Hierdie is ‘n samevatting van die eerste tien ​aflewerings. Ons hoop om in volgende nuusbriewe hiermee voort te gaan.


Hou in gedagte dat die periode waaroor hierdie eerste tien aflewerings handel, voor die koms van die ​eerste Europeërs na die aangrensende Delagoabaai en later die sendelinge en Voortrekkers na die ​binneland –was. Uit die tydperk bestaan daar weinig tot geen geskrewe aantekeninge nie. Oorvertellings ​en later met ‘n wetenskaplike naspeuring van die moontlike verlede na aanleiding van argeologiese ​grafures en artifakte, oorgeblewe klipstrukture en handelsvoetpaaie, kon daar ‘n beeld gevorm word. Dit ​mag nie altyd die volle waarheid wees nie en laat nog baie ruimte vir bespiegelinge en ander ​moontlikhede van wat ook die werklikheid kon wees.


Woon mens in die Laeveld, of ook enige ander plek, is dit tog gaaf om ‘n basiese beeld te hê van hoe die ​verlede hier verloop het:

500 nC tot 1830


Lydenburgkoppe

500 nC (Dit is een duisend vyfhonderd jaar gelede) het

die sogenaamde Lydenburgkoppe hier beland. Dit is die

oudste voorbeeld van Ystertydperk-artifakte en

gebruikartikels suid van die ewenaar. Dit is

ook die oudstemensgemaakte voorwerpe wat nog

ooit suid van die ewenaar

ontdek is. Die skerwe is in die 1950’s deur ‘n plaaskind,

Ludwig von Bezing op ‘n plek in die Sterkspruitvallei

oos van Lydenburg gevind.


Die klei koppe of maskers is waarskynlik vir seremoniele

redes gebruik. Die oospronklike klei koppe soos dit weer

aanmekaar geheg is, word vandag by die Departement

van Argeologie van die Universiteit van Kaapstad bewaar.

Kleiner naamaaksels kan by die museum op Lydenburg

gesien word.






Nabootsings van die Lydenburgkoppe

Die begin van menslike vestiging in die omgewing van die Laeveld

770nC (Eenduisend twee honderd jaar gelede) Radioaktiewekoolstof monsters toon

dat van die vroeë primitiewe kopermyne rondom Phalaborwa reeds uit jare 770nC dateer.

Dieselde toetse dui op mynboubedrywighede in die Harmonieblok by Letaba uit die jaar 1260.

Rondom +/-1500 (500jaar gelede) was dit die 2de migrasie van die sub-sahara

negroiedegroepe uit die noorde. Hierdie mense bring groot troppe vee en ysterware

en wapens met hulle mee en bou en bewoon gefortifiseerde klipkrale.

Die misterieuse klipsirkels van die Bokoni teen die platorand

Afrika – ‘n skatkis vir die Midde-Ooste


Teen 1300 - en selfs vroeër was daar reeds ‘n bedrywige handel in goud, koper en ivoor tussen

die Midde-Ooste en die vestigings van subsahara-nigroiedegroepe in die binneland. Plekke

soos Sofala net suid van vandag se Beira, Inhambane en selfs die naburige Delagoabaai was belangrike ​haweplekke vanwaar draers die binneland ingestuur is. Plekke soos Arabië, die Golf

van Persië, Indië en selfs Sjina is so voorsien van skatte uit Afrika – wat sekerlik ook vandaar

rigting gekry het na Europa.


‘n Vermenging tussen die Arabiere en die plaaslike swartes het gebeur en die invloed van Islam

is onder die kusbewoners versprei. Die Swahilitaal het sy onstaan gehad as lingua franca of algemene ​gebruikstaal.


Die woord mali, vir geld, is hieruit voortgedra wat vandag nog neerslag vind in die plaaslike taalgebruik. ​Die gebied om Graskop, Sabie en Pilgrims Rest waar trekarbieders uit Mosambiek honderde jare later in ​die myne kom werk het, staan vandag nog as die Malieveld bekend.

Die plek van geld.

Teen die 1500 het die Portugese wat op dardie stadium die wêreld-seevaarder handelsmoontheid was, ​die Arabiere verjaag en die handel in ware en slawe oorgeneem. Daar is ondermeer ook Portugese ​vestigings op plekke langs die kus en op eilande gemaak – en soos genoem ook Delagoabaai, naste aan ​ons en vandag bekend as Maputo.

Uit die aard van die saak sal prehistoruese Afrika-geskiedenis, eintlik tot en met die koms van

die Europese settelaars, groot geheime inhou gewoon omdat die inheemse nie kon skryf of

joernaal hou nie.


Oor die strukture waarvan baie nog vandag nog sigbaar is,kan ons as volg antwoord:

“Die klipsirkels/skuilings van die Bokoni is maar baie elementêr ofskoon daar op plekke soos

in die Verloorenkloof in die Badfonteinvallei redelike hoë mure - plek so 'n meter of meer,

gepak staan.

By Mapungubwe in die noorde was die struture ook nie waffers nie en bestaan daar vandag

eintlik niks van nie.


Ook Die Thulamela oorblyfsels in die noorde van die Kruger Wildtuin is ook eintlik niks meer as primitiewe ​Bapedi hutstrukture nie.

Met die bou van die Zimbabwebouvalle moes daar kundigheid van buite gewees het. Veral

met die toring en die simetriese patrone wat in die klipwerk gepak was en vandag nog gesien

kan word.

Dat die Subsahara-Nigroiede wel deeglik kontak gehad het met handelaars en ontdekkers uit

ander beskawings is nie onbekend nie. Goudstof is vir jare gedelf - half veredel en dat in

verseelde ystervarkpenne gelewer.















Die goudstof is in ystervarkpenne verpak. Daar is dan op sentrale plekke met hierdie handelaars

en draers kontak gemaak waar die besendings verhandel is.

Toe Carl Mauch en die prospekteerders op sy spoor, jare later hier kom soek het na

goudsneerslae was dit uitsluitlik die ou ystertydperkgroewe wat ‘n goeie aanduiding kon

gee van moontlike spoelgoud of riwwe.

Drome van Monomotapa


Talle het kom soek na die oorsprong – na ​Monomotapia en ek is seker in paar Arabiere of ​mootlik ook Fenicciërs of 'n groep van ‘n ander ​beskawing, wat per boot tot by Sofala gekom ​en binnelands kom soek na die ‘stad van goud” ​het moontlik ‘n inheemse despoot hier kom ​hand gee met 'n mooi blyplek – moontlik om ​handelsgunste te wen. - en dit is ook maar net ​‘n mening gebasseer op ‘n moontlike ​waarskynlikheid.

Ook die goudrenoster wat in ‘n graf by ​Mapungubwe gevind is was moontlik ‘n ​geskenk van ‘n handelaar wat guns en meer ​goud kom soek het.


Die soeke na Monomotapa


1513 (140 jaar voor die koms van Van Riebeeck). Die Portugese skrywer en ontdekker, Fernandez,

reis deur die gebied wat ons vandag as Zimbabwe ken. Die seevaarders uit Europa met hulle

Karavele en die Ooskushandelaars vanaf die Midde-ooste met hulle dows, was goed bewus

van die goud en koper afkomstig uit die suider Afrikaanse binneland. Hulle het ‘n soort glansryk

voorgestel met die naam van Monomotapa. Fernandez was die eerste om hierna te gaan soek.

Sy roete sou die mees begaande handeslvoetpad gewees het. Hy meld later van‘n klipvesting

wat hy in die binneland teegekom het – heel waarskynlik wat vandag as die

Zimbabwe-bouvalle bekend is.

1544 (Dertig jaar later en goed ‘n 100jaar voor van Riebeeck) Antonio Caldiera lei nog ‘n

ekspidisie die binneland. Hy skryf die oudste verslag vandag bekend oor die koperontginning

en handel. Dit dui daarop dat hulle heel waarskynlik in die omgewing van die huidige Phalaborwa

en verder noord rond beweeg het – moomtlik ook die koperstreke van die latere Rhodesie - vandag ​Zambië en Zimbabwe.

Portugese karaveel


Die Hollanders in Delagoabaai


1721 to 1730 (Sewentig jaar na die eerste vestiging aan die Kaap) Die Hollands Oos-Indiese Kompanjie

(VOC) – op daardie stadium die magtigste en mees invloedryke oorsese handelorganisasie ter wêreld, ​neem die Portugese besetting in Delagoabaai (vandag se Maputo) oor met die uitsluitlike doel om

meer van die goud uit die binneland te wete tekom. Hulle bou ‘n fort, Fort Lagoa wat ook as

Fort Leijdzaamheid bekend gestaan het.

Op 9 Augustus 1723 waag 19 man onder ene Christoffel Steffler dit die binneland in. Hulle word

aangeval en die oorlewendes keer haastig terug na die fort. Twee jaar later in 1725 probeer hulle weer. ​Abraham de Kuyper van die VOC lei sy ekspedisie van Delagoabaai omtrent sover as die huidige ​Hectorspruit. Hulle word die eerste Westerlinge om voet in die Laeveld te sit.

Fort Lagoa vandag

BaPedi/Sotho teenwoordigheid en die opvlamming van stam- en groepskonflik


Rondom 1740 (byna ‘n eeu voor die koms van die Voortrekkers) blyk die eerste skermustelings en

aanvalle tussen die subsahara-negroiede intrekkers van die gebied te wees toe plaaslike Pedi-stamme ​met hulle Koni bure, die Kgomane slaags raak. Dit kon moontlik lei tot die verdwyning van die sg.

Bokoni-gemeenskappe hier op die platorand waarvan net die sirkelvormige klipstrukture vandag

oorgebly het.


In omtrent 1780, veertig jaar later, sterf die plaaslike Bapedi stamleier Moroamotse. Hierna volg nog

‘n eeu van Pedi roof-aanvalle tot diep in die Laeveld en platorandgebied totdat eers die Swazis –

later die Voortrekkers, en uiteindelik die Engelse tydens die eerste anneksasie van Transvaal, hulle sou ​hokslaan en terugdryf oor die Steelpoortrivier na die ou Sekhukhunigebied in die Leoleoberge. Hier

het die Rooibaadjies ook die koninklike kraal by Djate ingeneem en die stamleier Sekhukhuni gevange ​gemeem - ofskoon ons nou die tydlyn nou bietjie vêr vooruitloop.

‘n ander groep groepies Pedisprekende – bekend as die Mapulanastam het wel in skuilplekke

agtergebly na Msilikazi se deurtog tydens die Mfecane/Difaqane - maar meer hieroor ook later.


Oorblyfsel van vroeë verstigings

Die Leoeleoberge – vestig van die BaPedi


Die Portugese keer terug na Delagoabaai


In 1799 (Minder as 40 jaar voor die koms van die Voortrekkers na die ou Oos-Transvaal), beset die ​Portugese owerheid weer die nou vergete handelspos by Delagoabaai (Later Lorenco Marques en

vandag bekend as Maputo). Die Hollanders het belangstelling verloor. Die wêreld-sakeryk,

die Nederlands Oos Indische Companje, het na etlike eeue begin taan.

Na die tweede Portugese besetting ontstaan daar ‘n handels- en burgergemeenskap rondom die fort.

Die Europese besetting van die binneland met die koms van die Voortrekkers en later met die ​goudstormloop, sorg vir groeiende hawe- en sakebedrywighede en die stigting van die hawedorp, ​Lourenco Marques. Met die koms van die spoorlyn in 1895 (net minder as ‘n 100 jaar later) wat die

hawe van Lourenco Marques (Delagoabaai) met Transvaalse Hoofstad, Pretoria verbind het en in die ​proses ook met die snelgroeiende Johannesburg, verbind, het die plek teen die 1950’s, tot ‘n bedrywige ​hawestad en koloniale hoofstad op die Oos Afrikaanse kus laat groei.

Delagoaaai tyens sy vroeë stedelike vestiging

Opkoms van die Swazi-koninkryk


1815: Koning Sobhusa, ook bekend as Ngwane IV (of Somhlolo) (1780–1836) kom aan bewind. Wat hom ​belangrik maak is dat hy aan die begin van die sogenaamde Mfecane (Nguni) of Difaqane (Sesotho) ​periode aan bewind kom. (Meer oor die Mfecane (Nguni) of Difaqane (Sesotho) in die

volgende aflewering) Dit is die tyd toe die Swazi as volkseenheid sy man moes staan teen die geweldige ​druk van stamuitwissing en ander gedwonge nasievorming onder die Subsahara-Nigroiede groepe in ​Suider Afrika – van Sotho (Bapedi) sowel as Nguni (Zulu) - oord .

Ten tye van sy dood in 1836 (Net voor die aankoms van die heel eerste noemenswaardige ​Voortrekkergroepe) het Sobhuza groot stukke grond buite die huidige Swaziland- gebied verower -

sovêr as waar Barberton vandag is in die noorde en die teenswoordige dorp Carolina in die weste.

‘n Tradisionele Swazi stat

Mfecane/Difaqane, ’n typerk van etniese uitdelging


1810: Die konflik en geweldadige groepsvorming veral onder die Zulus en Swazi het ook in

die in die Laeveld en platorandgebied oorgespeol met tragiese gevolge vir die plaaslike Bokoni

en BaPedi-stamgroepe wat hier gevestig was.


1815 tot omtrent 1840 was die hoogty van die sg. mfecane (Zulu uitgespreek: [m̩fɛˈkǀaːne], wat

beteken om te vergruis of in Sesotho genoem Difaqane, wat beteken gedwonge uitdrywing. Dit word ​beskryf as ‘n kettingreaksie van konflikte wat gelei het groepsuitwissings of geweldadige en gedwonge ​oornames deur middel van verslawing.


Die Nguni-groepe het die opperhand gehad wat gelei het tot nasieforming soos Sjaka se Zulus en

Mzilikazi se Matebeles, - en selfs Shosangane se Tsonga-Shangaans. Die Sothostamme moes

uitwyk en opdeel in kleinder oorlewingsgroepe. Gevestigde stam-gemeenskappe het verdwyn en

eeue oue groepsgebruike het verval en verlore gegaan.


1819: Koning Sjaka met sy Zulus gaan soek en verslaan die wegbreker Ndwande hoofman Swide wat

met sy mense uit Zululand vlug en aan die Komatirivier kom vestig. ‘n Krygsheer van Swide ,

Shoshangane met ‘n groot groep volgelinge vat toe weer die pad hier deur die Laeveld deur die ​teenwoordige Kruger Wildtuin tot so vêr oos as dieGasa-provinsie in die hedendaagse Mosambiek

waar hulle die plaaslike Tsongas verslaaf en vorm daar die Shangane dinastie. Die rede dat die

Shangaans volkseenheid se taal vandag Tsonga is, is juis omrede die verslaafde Tsonga vroue

en kinders se moedertong uiteindelik die oorhand gekry het oor die Zulu-tong van die veroweraars

as taal met die verloop an die groepsvorming...

Uitbeelding van Mzilikazi as Matabele krygsheer

Zulu teenwoordigheid in die Laeveld


1828: Koning Sjaka van die Zulu stuur sy halfbroer - ook een van sy belngrike militêre

bevelhebbers, Dingane, om Shoshangana te gaan uitsnuffel en uit te delg.

Shoshanga en sy vlugtelinge het sowat 9 jaar vantevore onder die Zulu heerskappy uitgevlug,

deur die Laeveld getrek en ongeveer 200km kusop van Delagoabaai in die huidige Gasaprovinsie

van Mosambiek gevestig. Hier het hy ondermeer die plaaslike Tsongas-stam verslaaf en die vroue en ​kinder van die verslane stam, in sy geledere opgeneem. Vandaar ondermeer die invloed wat die ​Tsongataal vandag nog as taal van die Sjangaans het. Met die saamsnoer van volgelinge, oorwegend ​nder dwang is die Sjangane-stam gevorm wat vir Sjaka potensiele gevaar ingehou het

.

Dingaan bereik egter nooit Gasaland nie. ‘n Ent weg draai hy met sy impi (of leermag krygers)

om en keer terug na Sjaka se koninklike kraal naby die huidige Stanger in Kwazulu-Natal vandag.

Hier, met die hulp van ondersteuners en op ‘n veraderlike wyse, maak hy vir Sjaka dood en neem die ​bewind oor. Kort daarna, in ‘n veglustige bui, val hy wel die naburige Swazi aan, maar bereik nooit die ​Sjangane nie.


Daar moet nog tien jaar volg voordat Dingaan se mag met die slag van Bloedrivier deur die

Voortrekkers gebreek sou word. Dingaan vlug Noord waar hy hom weer teen die onvergewende Swazi ​vasloop en hulle hom gelem het.


Dit is dan in hierdie lug – of landleegte tussen die Swazil in sy bergkoninkryk met die waterskeiding

as natuurlike grens en die Papedi, baie soortgelyk verskuil in die Leoleoberge of latere Sekhukhunil

and noord-wes van die Steelpoortrivier waar die eerste Voortrekkers enkele jare later sou kom

vestige en die Republiek van Lydenburg sou stig – maar loop ons weer die pad vooruit..

Uitbeelding vn Dingane as Zulu heerser