Beste Pizza in die Laeveld
Beste Pizza in die Laeveld
Saamgestel deur Marius Bakkes
Saamgestel deur Marius Bakkes
HOE HOU JY VAN JOU PIZZA?
Pizza is wêreldwyd ‘n gunsteling gereg en voortaan gaan ons gereeld kyk hou lyk die aanbod in
die Laeveld. Vir jare was daar in Johannesburg ‘n kosskrywer, met die naam van Victor Strügo,
wat gereeld onaangekondig, by een van die honderde pizza-plekke in die stad kom aansit het. Sy weeklkse pizza-resensie in
die grote Star koerant het die rigtinggewer van die beste pizza aan die Rand geword.
Ek kies ook gereeld pizza op plekke in die Laeveld en na ‘n paar onlangse teleurstellings reken
ek dit goed om bietjie daaroor te gesels.
Die eenvoudige pizza het sy oorsprong as eeue oue Italiaanse volkskos. Met die talle Italianers
se migrasie na nuwe wêrelddele - veral na Amerika, is dit vandag een van die mees gewilde wegneem, aansit of tuisgemaakte geregte.
Deesdae is daar versillende soorte en voorkeure met pizza maar drie dinge bly die norm: Die oondgebakte deegbasis, geverf
moet ‘n tamatiesous-onderlaag en bedek met gerasperde mozzarella kaas. Die foccacia – net die gebakte pissabasis met sout, knoffel en kruie wat mens dikwels in die plek van brood bestel of aangebied word, tel nie hier as pizza nie.
Vandag neem pizza ook talle vorme aan – veral met die wisselende deegbasis van dik soos
‘n brood tot papierdun soos krajerige Joodse matzos. Daar is die lys tradisionele Italiaans
soorte en talle vernuwings soos pynappel en ham en selfs die biltong op ons eie Slowvelder pizza wat eens so gewild by die
Jock & Java was. Ek moet ‘n slag gaan kyk of hulle dit nog maak.
Deesdae weet ek ook van ‘n paar plekke wat sogenaamde “artisan” pizzas maak waar daar as bolaag met allerhande
eksotiese of anderse smaakkombinasies gespeel word.
Ook hier in die Laeveld is die pizza in by die talle plekke verskillend so voor mens wil oordeel of beoordeel moet daar eers besluit word wat is elkeen se voorkeur.
So gee ek punte vir my gunsteling pizza
Om te begin is ‘n papier dun basis, krakering – met die tekstuur van vars gebakte Matzos, the Joodse ongesuurde paasbrood. Ofskoon pizza deeg wel suurdeeg bevat is dit jou plig om die kelner of the pizzamaker te vra om dit so dun as moontlik uit te swaai en te rol en te bak tot deurgaar. Hier gee ek uit 2 punte 2 uit 10 punte.
Tweedens is dit die pikante tuisgemaakte tamatie smeer heel onder op die deeg. Mens moet dit kan proe. Die gehalte hiervan hang meestel af van die pizzamaker, kok of restuaranteur se eie sous. ‘n Geheime familieresep of iets wat oor jare ontwikkel en verbeter is. Met pikant bedoel ek “tangy” soos die Engelsman sê, en hier verwag mens beslis ‘n smaakelement van suur. Hier gee ek uit 1 punt dus 3 uit 10 punte.
Die gehalte van die mozzarella is net so belangrik. Goedkoop spysenierskaas wat te dik en taai bo op vertoon is soos gom in die mond. Dikwels ook te souterig – maar mens verwag ook nou nie Cavelieri se duurde buffelbolletjies nie – iets wat mens liefs in ‘n Caprese slaai met ryp rooi tamaties en vars basiliekruid sou wou eet nie. Hier gee ek uit 1 punt dus 4 uit 10 punte.
Die bolaag is net so belangrik. Of jy nou ‘n tradisionele Italiaanse keuse maak, of iets wat plaaslik gewild is soos gerookte varkrib en pynappel – of the Slowvelder met biltong en sampioene wat lank – of sekerik steeds, ‘n lieflike pizza by die Jock was of is, of een van die hedendaagse sg. “artisan” of vakman pizzas soos by Bistro Bistro and Old Quarry Smoke House.
Met sulke “artisan” of sg vakpizza, is fynpoewerskombinasies waarvan el noe altd so seer is nie. Persoonlik, bly ‘n gewone Regina met ham en sampioene, my gunsteling en sou ek so bietjie olywe en artosjoke ook wou proe, die vier seisoene of Quatro Staggione - alles mooi eweredig oor die hele pizza. Hier gee ek uit 2 punte 6 uit 10 punte.
Prys en groote het maar ‘n invloed op die genot. Daarom hou ek van die standaard grootbordgroote (26cm in deursneë) netjies in skyfies gesny. Of die prys reg is, sal jy self weet na gelang van die gehalte van die bestelling - op jou bord of in wegneemkarton.
LYS VAN PIZZA PLEKKE IN DIE LAEVELD & OMSTREKE
@Bos, Marlothpark
Abeega, Nelspruit
Aloes, Waterval Onder
Bistro Bistro, Steiltes
Bohemian Groove Café, Kaapsche Hoop
Bossa, Nelspruit
Brewing Co. by Hoedspruit Village R40
Cappuccino's in Ilanga
Canto’s Pizza in Graskop
Chippos, Ferreirastraat
Crossings SPAR
Da Loose Mongoose
Debonair’s, Valley Mart
Divine Foods, The View in Graskop
Divine ME Eatery, the Pink Building in the main street of Graskop,
Doppio Zero, Ilanga Mall
Duck n Dive, Pub & Gril, Malalane
GumTreez Pub & Grill
Feast the hand held food company, Courtside
Halls Farm Stall
Isabella's Kitchen, Witrivier
Jock Pub & Grill
Kingfisher
Kruger Gate Hotel, Kruger hek
Kumbaku Golfklub,Komatipoort
Kwanyoni Lodge
Latsky Plaas Winkel, Ohrigstad
Lions pub & grill Witrivier Karinzke Liebenberg
Lupa Osteria Nelspruit Crossing
Magnolia Restaurant & Cocktail Lounge, White River
Marlins Pub ‘n Grill, Oewersig
Marula Bar, Safari Junction Hoedspruit
Merry Pebbles, Sabie
Miz Gooz Berry, Kaapsche Hoop
Ngwenya Lodge
Old Quarry Smoke House, Rhino Hill, Uitkykpad
Oppidam , Vygeboomdam
Pannarottis, Ilanga Mall
Pappa’s Pizza, Nelspruitstad
Phat Boys, White River
Picasso's Mexican Tequeria, Bagdad Witrivier
Pizza @ Greenstone Trading Post, de Villiers str. Barberton.
Pizza Perfect in Malelane.
Pizza Perfect, White River.
Pizza Bus, Reisend
Pizzeria Dullstroom
Riders Rest Bike Bar Graskop
Romans Pizza, Sonpark
Sabie se Golf Klub
Salvadors, Kaapsehoop
Scott's Café, Pilgrim's Rest.
The Pub, Nelspruit
Thirsty Giraffe, R40 outside Hoedspruit direction Phalaborwa
Three Little Donkeys
Three Bridges R40tussen Hoedspruit en Phalaborwa
Tin Shack,Marloth Park
Total Garage-winkel in Seiltes
Victorian Tea Garden, Barberton
West End SPAR
Yoon’s